Clara Anna Fontein logo

NEWS

Clara Anna Fontein logo

NEWS

R550 m. se erwe opgeraap

Eiendomskopers het 270 enkelwoonerwe teen 'n totaal van meer as R550 miljoen by die nuwe Clara Anna Fontein-leefstyllandgoed in Durbanville opgeraap. Die luukse ontwikkeling word deur die Rabie Property Group in 'n gesamentlike onderneming met die AFM Louwfamilietrust onderneem. Die voltooide ontwikkeling gaan oor 344 enkelwoonerwe beskik, 126 losstaande enkelen dubbelverdiepinghuise, 176 aftreehuise en 'n Reddam-privaatskool. Dit grens aan 'n private wildreservaat. Erwe in die tweede fase met 'n gemiddelde grootte van 1 200 m2 verkoop tans vir tussen R2,1 miljoen en R4,3 miljoen. Clara Anna Fontein is die oorspronklike naam van die plaas waarop die ontwikkeling gebou gaan word. Die oorspronklike 18de-eeuse plaasopstal gaan ten volle gerestoureer word en 'n tweede asem kry as 'n klubhuis ge- naamd Die Werf, waar inwoners kan ontspan. Soveel moontlik van die geskiedkundige karakter van die eiendom gaan behou word, asook die bome wat meer as 100 jaar oud is. John Chapman, 'n direkteur van Rabie Property Group, se die ontwikkeling bied jou 'n dubbele voordeel van een voet in die stad en een voet in die platteland. 'n Kunstenaarsvoorstelling van hoe een van die huise in die luukse Clara Anna Fonteinleefstyllandgoed in Durbanville gaan lyk. 

Posted on: 2016-02-19 09:07:05